Die organisasie Communities without Borders, Weskus Cochoqua stam in vennootskap met Saldanhabaai Tigers Rugbyklub kondig met trots ’n Kerspartytjie vir kinders aan wat daarop gemik is om die kinders van Saldanhabaai gedurende die feestyd te vier, te bemoedig en op te hef.

Die geleentheid vind plaas op Saterdag 20 Desember, by die Diazville Sportgrond plaas vanaf 15:00 tot 18:00. Kinders kan uitsien na ’n dag propvol pret met waterglybane, springkastele, lewendige DJ-vermaak, asook kos en verversings.

As deel van hierdie inisiatief sal 500 Kersgeskenke aan kinders uitgedeel word. Ouers en voogde word vriendelik aangemoedig om hul kinders tussen die ouderdomme van 6 en 14 jaar te bring om saam met ons ’n veilige en vreugdevolle dag te geniet. Ouers en voogde is welkom om die hele dag teenwoordig te wees en toesig te hou.

Weens die waterglybane word ouers en voogde vriendelik versoek om handdoeke en swemklere vir die kinders saam te bring.

Hierdie gemeenskapsinisiatief word georganiseer deur Paramount Chief Carmen Rodgers en haar span van die Weskus Cochoqua Stam, wat ook die Hoof Uitvoerende Beampte en stigter van Communities without Borders is, saam met haar toegewyde span

Die geleentheid weerspieël ’n voortgesette verbintenis tot jeugontwikkeling, gemeenskapseenheid en die skep van positiewe herinneringe vir ons toekomstige leiers. Heinrich Koopman, voorsitter van die Saldanha Tigers verwelkom die inisiatief omdat die groter visie van die klub is om hoop te skep vir die gemeenskap van Saldanhabaai, Diazville.

’n Spesiale hoogtepunt van die dag sal die teenwoordigheid van Kersvader, vertolk deur MP Saintes Van Wyk en sy span, wees wat saam met ons sal feesvier en feestelike vreugde onder die kinders sal versprei. Dankie gaan ook aan die borge Langebaan SPAR, Adelaide Ruiters van ARME, en die Hopefield Local Wind Farm Community Company.

Toegang tot die geleentheid is heeltemal gratis, sodat alle gesinne in die gemeenskap saam die gees van Kersfees kan vier.

Vir meer inligting kontak Carmen Rodgers by 072 551 2182.

Kinders kan uitsien na ‘n dag vol pret.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article