Swendelaars gebruik verskeie tegnieke om WhatsApp-bedrog te pleeg.

‘n Nuwe WhatsApp-bedrogspul doen die ronde, met kuberkrakers wat beheer oor ‘n slagoffer se rekeninge kan neem deur die ses-syfer-registrasiekode wat WhatsApp per SMS aan jou stuur, in die hande te kry.

Die proses begin wanneer die kuberkraker jou selfoonnommer op ‘n nuwe toestel invoer om jou WhatsApp-rekening te probeer registreer.

Dit veroorsaak dat die werklike gebruiker die registrasiekode per SMS ontvang.

Hierna kontak die aanvaller die slagoffer, wat voorgee om ‘n vriend te wees wie se eie rekening kamma “per ongeluk” op die verkeerde nommer geregistreer is, en vra vir die kode wat pas gestuur is.

Die kuberkrakers gebruik dan hierdie kode om jou rekening op hul toestel te aktiveer.

Sodra hulle beheer het, kan hulle:

• boodskappe aan jou kontakte stuur om geld in te vorder,

• identiteitsdiefstal pleeg en

• die slagoffer heeltemal van sy/haar eie rekening uitsluit.

​Die belangrikste verdedigingsmeganisme is tweestap-verifikasie (2FA). Die slagoffer moet hierdie ekstra laag sekuriteit onmiddellik aktiveer om die rekening te beskerm. As jou rekening reeds oorgeneem is, moet jy WhatsApp per e-pos kontak en jou SIM-kaart en toestel onmiddellik deaktiveer om verdere misbruik te voorkom.

• Bron: mikebolhuis.co.za/post/project-extremely-urgent-public-warning-whatsapp-registration-code-scam

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article