Atlete: Elijah Adams, Zusakhe Rorwana, Chrystal Adams en Abrey Williams. Afwesig: Lushaan Koopman.

Jong landlopers presteer

Atlete: Elijah Adams, Zusakhe Rorwana, Chrystal Adams en Abrey Williams. Afwesig: Lushaan Koopman.

Die Saldanha-atletiekklub is trots om aan te kondig dat vyf van sy atlete lid van die Boland-landloopspan is.

Twee van die atlete – Lushaan Koopman en Chrystal Adams – het die Weskaap-landloopspan op Vrydag 3 en Saterdag 4 Oktober in Mpumalanga verteenwoordig en op Donderdag 30 en Vrydag 31 Oktober het Diazville Primêr en die Laerskool Saldanha hul jaarlikse prysuitdeling gehou.

Die volgende prestasies is behaal:

• Chrystal Adams (Diazville Primêr) – Sportvrou van die jaar, atleet van die jaar en landloopatleet van die jaar.

• Lushaan Koopman (Diazville Primêr) – Sportman van die jaar, belowende atleet van die jaar en landloopatleet van die jaar.

• Elijah Adams (Diazville Primêr) – Landloop: Ontwikkelende atleet.

• Zusakhe Rorwana (Laerskool Saldanha) – Junior atleet van die jaar en atleet van die jaar.

Die klub bedank die skole en afrigters vir hul bydrae.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article