Van links is Eben Scholtz (terreindirekteur van Tronox Saldanha), Louis van der Walt (voorsitter van die LCE Weskus-marathon), Dries Venter (voorsitter van die Weskus-ereveldwagters), Charlene Adams (hoof van die Weskus Nasionale Park) en Samantha Vorster (bemarker van Langebaan Country Estate). Foto: Noluvu Ludidi

Met die aanloop tot die 2026- Langebaan- Country Estate (LCE) se Weskus-marathon, is ‘n R100 000 tjek die afgelope Donderdag (18 September) aan SANParke se ereveldwagters oorhandig.

Louis van der Walt, die voorsitter van die marathon, sê een van die kenmerke wat die Weskus-marathon een van die drie beste marathon-byeenkomste in Suid-Afrika maak, is dat dit hoofsaaklik binne die Weskus Nasionale Park plaasvind. “Vir hierdie voorreg het die Weskus-marathon in 2005 besluit om elke jaar ‘n groot deel van die wins aan die ereveldwagters van die Weskus Nasionale Park te skenk om vir projekte binne die park aan te wend. Meer as R1,2 mil-

joen is sedert 2005 aan die ereveldwagters geskenk.”

Dries Venter, die voorsitter van die Weskus-streek se ereveldwagters, sê ‘n sogenaamde wenslys word saam met die parkbestuur opgestel, wat projek-priori-

teite vir die daaropvolgende jaar bepaal.

“Tans word geld vir die ontwikkeling van ‘n klein opleidingsentrum in Abrahamskraal in die Weskus Nasionale Park ingevolge ‘n ooreenkoms tussen SANParke en die Ereveldwagtersraad ingesamel. Die projek sal in fases aangepak word soos geld beskikbaar raak en dit word as ‘n veeljarige projek aangepak.”

Venter het LCE Weskus-marathon vir die skenking bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article