Die Saldanha Tigers-span het rugsakke ontvang van Sanlam. Van links is Graham Guard (prinsipaal direkteur van Sanlam), Tyrone Horn, Clement Buckton (aandeelhouer van Sanlam), Eben Yon, Jaydee Coetzee (hoof afrigter), Tiaan van Wyk, Nicolas de Beer, Geowaan Martin, Jamiel Fisher en Heinrich Koopman (voorsitter van Saldanha Tigers). Foto: Noluvu Ludidi

‘n Nuwe vennootskap en bande wat gebou word, beteken groot dinge vir die Saldanha Tigers-rugbyklub. Die klub het die afgelope Maandag (22 September) met hul nuwe vennoot, Sanlam, vergader, waar toekomsplanne en ‘n visie vir die jare vorentoe bespreek is.

Volgens Heinrich Koopman, die voorsitter van die Saldanha Tigers-rugbyklub, beteken hierdie vennootskap nie net baie vir die klub nie, maar ook vir die gemeenskap van Diazville. “Ons gaan ons sport in Diazville saam op die hoogste vlak ontwikkel. Dit is ‘n geleentheid om werkloosheid vir matrikulante die hoof te bied met die visie om na die welstand van ons gemeenskap om te sien. Sanlam bied ons die geleentheid om dit te kan doen.”

Graham Guard, prinsipaal direkteur van Sanlam, sê as deel van die Sanlam-familie glo hy sport is een van die kragtigste instrumente wat lewens kan vorm en sterker gemeenskappe bou. “Sport leer dissipline, spanwerk, veerkragtigheid, respek en waardes, wat veel verder as die veld strek en elke deel van die lewe raak. Vir my gaan dit nie net daaroor om terug te gee deur sport en die ondersteuning van jong atlete nie; dit gaan daaroor om in die toekoms van ons gemeenskappe te belê.”

Hy is opgewonde om te sien hoe lewens verander, gemeenskappe opgehef word en jong atlete die kans kry om groter te droom. “Vir my gaan dit oor same-

werking om deure wat baie dalk gedink het toe was, oop te maak en om in die proses ‘n sterker band tussen ons maat-

skappy, die gemeenskap en toekomstige leiers wat sport help vorm, te bou.”

Koopman meen hy sien die rol van Saldanha Tigers as iets groter en sien uit na alles wat dit vir die toekoms inhou.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article