KYK UIT: Kruising op Vredenburg by Spar/Builders Warehouse baie gevaarlik

Nog ‘n motorbotsing het by die kruising voor Builders Warehouse gebeur. Foto: West Coast Medical Rescue

Die kruising oor Saldanhaweg se dubbele bane by Builders Warehouse en Spar op Vredenburg wek al ‘n geruime tyd kommer by inwoners. Twee voertuie was net verlede week daar in ‘n botsing betrokke.

Inwoners meen nie alle motoriste hou by die padreëls en spoed nie, en sê die lang gras belemmer sigbaarheid. Inwoners het ook al op sosiale media voorgestel verkeersligte moet hier opgerig word om sodoende seker te maak die pad is veiliger vir almal wat die kruising gebruik.

Jandré Bakker van die departement van infrastruktuur meen egter daar is tans geen planne om hierdie kruising na ‘n kruising “met seine” te omskep nie. “Dit is ‘n prioriteitsbeheerde kruising, waar voertuie op die kleiner pad moet toegee aan verkeer op Saldanhaweg.” Volgens Bakker sal verkeersseine eers oorweeg word sodra daar genoeg verkeersopeenhopings plaasvind om dit te noodsaak.

Tereza Burger van die Saldanhabaai-munisipaliteit, beaam dat ‘n spoedgrens van 80 km/h op die dubbelbane geld.

“Padgebruikers moet waaksaam wees wanneer hulle die kruising nader en binne die spoedgrens bly. Die volgende ondersoek om te bepaal of die installering van verkeersligte geregverdig is, sal oor sowat ses maande gedoen word. Die verkeerspan hou daagliks dié kruising dop, “veral in spitstye”.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article