Viljoen Human en sy seun Brink het die deure van Discount Boards Vredenburg in 2004 geopen en vandag – 21 jaar later – is die onderneming steeds ‘n trotse rolspeler in die Weskus.
Brink vertel hy het in 1999 gematrikuleer en daarna twee jaar Sportbestuur gaan studeer. Hy het hierna by Mica, een van die familie se vorige ondernemings op Worcester, gewerk voordat hy Vredenburg toe getrek het om saam met sy pa die tweede tak van die Discount Boards-groep te begin.
“Ons het in ‘n kleinerige gebou begin, maar namate die mark en ons klantebasis gegroei het, het ons die winkel vergroot en die produkreeks uitgebrei,” sê hy.
Die onderneming se oorsprong lê in sy pa se visie om vir elk van sy drie kinders ‘n toekoms te skep.
Die eerste tak het in 2000 in Worcester geopen en word vandag deur sy broer Pieter Human bestuur. Vredenburg was die tweede tak, terwyl sy suster, Charlene Smith, een van die ander takke in Upington bestuur. Ernes van den Heever bestuur die ander tak in Malmesbury.
“Ons bedien die hele Boland, Overberg, Weskus, Swartland en selfs die Noord-Kaap. Intussen het ons ook nuwe ondernemings soos Global Mattress and Foam, asook Storenett in Worcester met 400 eenhede en 100 vraghouers begin. Ons is dus in elke opsig ‘n volwaardige familieonderneming.”
Discount Boards staan bekend vir sy slagspreuk: We cut, edge and deliver. Die winkel voorsien alle melamien-, MDF- en gewone spaanderbord (chipboard) vir kasbouers, asook postform-kasblaaie (werkoppervlakke) en hardeware. MDF staan vir mediumdigtheid-veselbord, ‘n bekostigbare alternatief vir soliede houtkaste van kersie-, eike- of esdoornhout.
Discount Cabinet Doors is in 2015 geopen, wat ‘n nuwe produkreeks vir kasbouers deur MDF-profiele met plastiekafwerking bied.
Die onderneming het tans 20 werknemers in diens, van wie die helfte al langer as 15 jaar deel van die span is. “Ons is trots dat ons werk aan 20 gesinne kan bied, veral te midde van ‘n uitdagende ekonomie. Dit is een van ons grootste prestasies.”
Brink beskryf vinnige, professionele, vriendelike en gehaltediens as die faktor wat hulle bo ander laat uitstaan. Groot uitdagings oor die jare sluit die wisselende ekonomie en natuurlik die Covid-pandemie in.
Tog het die onderneming gegroei en oorleef. Volgens Brink bly hulle ook aan die voorpunt van tegnologie. “Ons voer ons eie masjinerie in om by te hou met nuwe tendense. Dit verseker dat ons klante altyd die beste gehalte produkte ontvang.”
As hy vorentoe kyk, is sy droom dat sy kinders die onderneming kan oorneem en verder bou.
Oor nóg tien jaar sou hy wou terugkyk en ‘n sterk onderneming sien wat nog groter sukses vir die volgende geslagte kan bring.
Loop al lank ‘n pad saam met dorp – sedert Augustus 2004

Sound sleeping awaits you at Global Mattress and Foam
We are your sleep partner. If you are looking for comfortable mattresses at affordable prices, Global Mattress and Foam Vredenburg at Discount Boards Vredenburg is the place to go. We offer hotels, guesthouses, families, upholsterers, and other service providers quality beds and mattresses.

Global Mattress and Foam manufactures standard mattresses as well as customized mattresses (extra length, various densities), egg crate foam mattresses to suit every client’s needs. We supply the entire West Coast.
Get in touch if you have any questions about our store or our products.
Visit us at the corner of Floryn and Sterling street, Vredenburg, email to global@discountboards.co.za or phone 022 713 5356.

Die gedugte en ervare span by Discount Boards Vredenburg

We cut, edge and deliver
Discount Boards Vredenburg sells an extensive range of products, including Sonae, Sternwood, and PG Bison.
For example, MelaWood is a leading brand of melamine-faced board with trendy designs and an anti-bacterial protective layer, ideal for hygiene-sensitive areas.
We also sell BisonBord, a type of panel board available in various thicknesses, as well as Caraz and Kirkwall.
Decorative boards are created by bonding a melamine-impregnated decor paper to a particleboard or MDF core using heat and pressure. This process results in a durable, scratch and moisture-resistant surface that is easy to clean.
Discount Boards Vredenburg’s excellent machining facilities enable us to offer our customers high-speed machining on cut, drilled, and edged components across a range of products, including large and small mouldings, cladding, and decking.
You can email your material list for a free quote to danielh@discountboards.co.za or contact the Vredenburg office on 022 713 5356.







You must be logged in to post a comment.