Die Superspar langs ‘n Astron-vulstasie in Vredenburg is reeds ‘n gewilde bestemming. Foto: Spar

Vir kopers aan die Weskus het twee nuwe supermarkte met gepaardgaande spesiale openingsaanbiedinge sommer op een dag geopen.

Hopefielders en almal in die omgewing is baie opgewonde om hul eie Usave-winkel te hê. Foto: Shoprite

‘n Superspar het verlede Donderdag (29 Augustus) sy deure in Vredenburg langs Builders in Saldanhaweg geopen en in Hopefield se Hoofstraat het die opening van ‘n U-Save baie aandag getrek. Dié Usave is die Shoprite-groep se 500ste Usave-winkel in die land.

Die Superspar is deel van die groter Stoneridge-ontwikkeling, wat ook luuksebehuising gaan insluit.

Hoe groter die keuse, hoe gelukkiger is Weskussers, want tye is swaar en elke paar rand help die maandelikse begroting net so ‘n entjie verder rek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article