Wil motoris bedank: Aan die persoon wat Saterdag 9 Augustus my lewe gespaar het deur te stop waar ek in Kootjieskloofstraat geval het – ek wil u graag persoonlik bedank. Kan u my asseblief by 074 447 5643 bel. – Hendrina Titus (Aunty Laas)
Joshlin Smith-saak:
• Baie dankie, judge Erasmus. U ken die verskil tussen reg en verkeerd. – Jan Vw
• Die regter kan niks daaraan doen dat Joshlin nie gekry is nie. Hy het sy bes gedoen om hul agter tralies te hou en te vonnis, al is daardie straf nog te min vir wat hulle aan Joshlin gedoen het. – Heidi Brand
• Joslin se ma en dié wat betrokke is, moet met hulself in die tronk lewe . . . God gaan hulle laat praat, een of ander tyd. Kom laat ons stil word en weet God kan, want Hy is. – Debbie Cornelius
• I don’t agree at all, Joshlin is still not found. Kelly could have taken the stand. – Desiree van Wyk
Drie van Laingville sterf in motorogeluk:
• My hart is stukkend vir jou part, Peter. Mag God jou bonatuurlike krag gee om te aanvaar en aan te gaan met jou lewe. Baie baie sterkte. – Alta Kriel
• Baie sterkte aan die familie en vriende, dis baie hartseer, mag die Here u vertroos in die tyd. Sterkte, Peter. – Nicolene Williams
• Bid vir jou; mag ons God jou bonatuutlike krag gee om elke dag aan te gaan, my hart bloei vir jou, Peter. – Shireena Willemse
• Sterkte, Peter, God sal jou versterk en krag gee deur jou verlies. Elke dag is ‘n pad van geloof met God. – Wermond Duiker





