Kansa-vrywilligers is vereer vir die werk wat hulle verrig.

‘Onbaatsugtige helde’ in stryd teen kanker vereer


Die Kankervereniging van Suid Afrika (Kansa) het verlede maand (Saterdag 26 Julie) Vrywilligersdag ter viering van sy vrywilligers aangebied.

Die geleentheid het by die NG kerk Hopefield met Kansa-vrywillers van die streek plaasgevind.

Die tema vir die Vrywilligersdag was “Verlig die pad; lei die verandering” – ‘n kragtige eerbetoon aan die vrywilligers wat die ekstra tree in hul diens gee.

Die dag is aangebied om erkenning te gee aan Kansa-vrywillers, die onbaatsugtige helde wat die weg verlig en die verandering in die lewens van diegene wat deur kanker geraak word, lei.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article