Malmesbury-gholfdag ten bate van Huis van Heerde

22 August 2025 @ 09:00

Huis van Heerde in Moorreesburg hou Vrydag 22 Augustus sy vyfde gholfdag en veiling by die Malmesbury-golflandgoed.

Die geleentheid is ten bate van die Huis van Heerde-kinderhuis in Moorreesburg, wat na kinders se emosionele, fisieke en intellektuele behoeftes omsien.

Die kinderhuis kan met die hulp van die gemeenskap voortgaan met dié werk.

Volgens die organiseerders was die vorige gholfdae ‘n groot sukses danksy borgskappe, koopbewyse en skenkings van elke onderneming wat deelgeneem het.

Registrasie vir die gholdfag en veiling op Vrydag 22 Augustus begin om 06:30 en kos R2 400 per vierbal (dus R600 per speler).

• Bel Fredaline Harmse, die bemarker van Huis van Heerde, by 022 433 1042 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article