Saldanha Animal Care (SAC) het verlede Saterdag (2 Augustus) met trots ‘n gewilde winkel in ‘n nuwe baadjie heropen met dieselfde in ’n nuwe baadjie, maar met ‘n nuwe naam, nuwe adres – en nuwe bestuur.
Die liefdadigheidswinkel, nou bekend as Paws & Proceeds, het amptelik sy deure oopgemaak. Die winkel is geleë by Hoofweg 53, Winkel 6, Saldanha.
Volgens Lynae Maritz, bemarker, het die gemeenskap hul liefde en ondersteuning opnuut kom wys met die heropening, wat ‘n nuwe hoofstuk vir SAC inlui.
“Die atmosfeer by die opening was vrolik en vol energie met ’n pop-’n-ballonspeletjie, heerlike hotdogs en hope koopplesier. Daar was selfs ’n spesiale oomblik toe een van ons geliefde hondjies aangeneem is deur Yolika en Chantal Kleynhans – die perfekte einde vir ’n feestelike dag,” het Maritz gesê.
“Hierdie heropening is ekstra besonders, want ons neem afskeid van twee ongelooflike mense – Meisie en Ockert, wat die winkel met liefde en toewyding bestuur het vir nege jaar. Ons bedank hulle uit die diepte van ons harte vir hul jare van diens.”
Die winkel is nou onder die bekwame bestuur van Lynette Op’Thof, en SAC sien uit na hierdie nuwe hoofstuk vol groei, ondersteuning, en natuurlik – baie pootafdrukke.
Lynette O’Thof bestuur tans die winkel wat van Maandae tot Vrydae tussen 10:00 en 16:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00 oop is.

Skakel Lynette by 077 482 8935 vir meer inligting.
Skakel Adele by 072 338 7790 om ‘n hond aan te neem.






You must be logged in to post a comment.