(GESLUIT!) Kreatiewe kinders moet vóór Vrydag 8 Augustus vir Keready to Ringa inskryf

Khanyisa Setati het reeds haar stukkie ingeskryf. Spring gou om joune in te stuur!

Kinders van oor die hele land het reeds rou, dapper en diep persoonlike refleksies ingestuur vir die Hold My Hand – kreatiewe kompetisie.

Wat dié kinders en tieners oor Suid-Afrika heen sê, is onmoontlik om te ignoreer, meen Lebo Motshegoadie, die kommunikasie- inhoudbestuurder.

Die Hear Me Out-kompetisie tesame met sy tieneruitgawe, Keready to Ringa, het ‘n golf eerlike storievertelling van jongmense van 18 jaar en jonger ontsluit. Die gevolg is ‘n groeiende nasionale argief geleefde ervarings – ongefilter, ongesensureer.

Meer as 700 voorleggings het in die vorm van stemnotas, gedigte, raps, briewe, video’s en kunswerke gekom. “Elkeen dra die emosionele gewig van wat dit beteken om vandag in Suid-Afrika jonk te wees – van stories van verlies en oorlewing tot geestesgesondheidspro- bleme, gesinsdinamika, drome vir ‘n beter land en eise vir volwasse verantwoordelikheid . . . Die land se kinders en tieners praat met duidelikheid en moed,” sê Motshegoa.

Een 15-jarige skryf: “Ek is nie ‘n kind nie; nie ‘n volwassene nie – net ek .. . Om dit uit te pluis – hard, morsig en eg.”

‘n Ander praat oor hoe haar pa sy laaste asem uitblaas nadat hy vermoor is toe sy slegs sewe was en hoe daardie oomblik haar reis deur hartseer, woede en genesing gevorm het. ‘n Kragtige gedig, getiteld “Laat My Praat Sonder Om Afgesluit Te Word”, beskryf ‘n meisie se pleidooi vir volwassenes om eenvoudig te luister sonder om te oordeel: “Ek het nie raad nodig nie. Ek het nie ‘n lesing nodig nie. Ek’t net iemand nodig om te sê: ‘Ek hoor jou’.”

Van die Keready tot Ringa-tienerinskrywings is die boodskappe ewe rou – terugblikke oor afsprake en hartseer, die stigma van geestesgesondheid, kulturele stilte oor identiteit en hoe gesinskonflik en streng ouerskap tieners dikwels ver- der in afsondering stoot. Een jong skrywer vra: “Waarom skree ouers voordat hulle luister? Waarom word ons stories altyd kortgeknip?”

‘n Ander een sê: “Ek wens ek kon praat oor wie ek werklik is … maar soms is die huis die een plek waar ek die meeste misverstaan voel.”

“Hierdie jong stemme vra nie net vir sigbaarheid nie – hulle eis dit. Hul woorde openbaar ‘n kollektiewe oproep tot begrip, veiligheid en respek asook die reg om oor hul lewe te praat sonder vrees om verwerp te word. Hul boodskap is duidelik – as Suid-Afrika ernstig is om ‘n beter toekoms te bou, moet hy begin deur te luister – werklik te luister – na die mense wat daardie toekoms sal leef,” meen dr. Katlego Selikane, die Keready-leier.

Die kompetisie is steeds oop. Inskrywings sal tot Vrydag 8 Augustus aanvaar word, met verskeie weeklikse pryse van R2 000 elk vir uitstaande inskrywings. Kinders en tieners onder 18 jaar kan inskryf via WhatsApp by 0600 411 111 (Hear Me Out) of 060 019 0000 (Keready to Ringa).

Enige kreatiewe formaat is welkom – van tekeninge en briewe tot poësie, video’s of stemnotas.

Inskrywings kan ook op sosiale media geplaas word met behulp van #KereadytoRinga en #HoldMyHandSA.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article