Nuwe pad in Agterbaai:

Pragtig! Verskeie sentrale punte wat ongeteer gelaat is kan/kon stoppunte gemaak word vir busse en taxi’s wat gedurig die wet oortree met afdakkies vir passasiers wat die wind en weer moet trotseer. – André Maritz

Dankie vir ‘n ieder en ‘n elk wat aan daai pad gewerk het – dis ‘n heerlike pad om te ry en dit laat die dorp sommer baie goed lyk. Goeie werk gedoen, manne. – Leana Harmse

Ongelukke gebeur nie as gevolg van die pad nie. Dis die resultaat van mense wat nie in ‘n voertuig hoort nie. Wees dankbaar. Jou belastinggeld is aan iets tasbaar en positief bestee. – Pieter Enslin

Tussenverkiesing in Bergrivier:

Ek is so trots op jou, Neef, want ek weet jy gaan staan vir jou gemeenskap en selfs vir jouself met die Here se krag. Mag seëninge – dubbelseëninge – oor jou val en mag Jesus orals in jou bootjie wees met alles wat jy gaan aanpak. – Mev Britz

Ongeluk op die Vredenburg / Paternosterpad by die nuwe Stompneusbaai / St. Helenabaai-afdraai:

Groot gevaar. Geen glybaan vir daardie hoeveelheid verkeer nie. – Amanda Heydenrych

Daar is niks gevaarlik aan paaie nie. Dis wíe dit gebruik en agter die stuurwiel is, wat gevaarlik is. Ek het vanoggend weer daardie pad gery. Van Stompneusbaai se kant af as jy die T-aansluiting nader, kan jy voertuie kilometers ver van Paternoster se kant af sien aankom. Van Vredenburg se kant kan jy ook voertuie ver sien aankom. Hou dus jou aandag op die pad en die selfoon in jou sak. Probleem opgelos. – Schalk van Schalkwyk

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article