Hierdie pragtige Husky-kruising is Maandag (30 Junie) verdwaald in Hoofstraat-Wes, Vredenburg, opgelaai. Hy is amper raakgery en was baie verbouereerd. Hy is die eerste keer naby die Nieuwe Rust/Trekoskraal-afdraai op die Paternoster-pad gesien. Volgens die Swartland- en Weskus-dierebeskermingsvereniging, wat hom tydelik versorg het, was die hond goed versorg, maar hy het nie ‘n halsband aangehad nie. Hy is gelukkig weer veilig tuis.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article