Dr. Hendrik Snyders, 'n historikus, spreek die gaste by die Casvier Gallery Museum and Theatre by De Palms-leefstylsentrum in St. Helenabaai se eerste opwip-museum op Vrydag 30 Mei toe. Die eenjaar-viering is gehou met die bekende April Snyders, 'n boorling van die plaas Tierklip naby Stompneusbaai, as inspirasie. Lesch verduidelik die opwip-museum se uitstalling sal gereeld verander en sodoende verskeie Weskus-stories deel. "Wanneer mense die museum besoek, wil ek hê hulle moet trots wees op ons komvandaan. Ons moet erkenning gee aan ons plaaslike mense vir alles wat hulle gedoen het. Hierdie mense het waardes tot ons gemeenskap gevoeg."  Kontak Lesch by 076 859 2167 om 'n bydrae tot die unieke gemeenskapsprojek te lewer. Casvier Gallery Museum and Theatre is oop tussen 08:30 tot 16:30 van Maandae tot Vrydae en Saterdae van 08:30 tot 15:00. 
Foto: Noluvu Ludidi
Dr. Hendrik Snyders, ‘n historikus, spreek die gaste by die Casvier Gallery Museum and Theatre by De Palms-leefstylsentrum in St. Helenabaai se eerste opwip-museum op Vrydag 30 Mei toe. Die eenjaar-viering is gehou met die bekende April Snyders, ‘n boorling van die plaas Tierklip naby Stompneusbaai, as inspirasie. Lesch verduidelik die opwip-museum se uitstalling sal gereeld verander en sodoende verskeie Weskus-stories deel. “Wanneer mense die museum besoek, wil ek hê hulle moet trots wees op ons komvandaan. Ons moet erkenning gee aan ons plaaslike mense vir alles wat hulle gedoen het. Hierdie mense het waardes tot ons gemeenskap gevoeg.” Kontak Lesch by 076 859 2167 om ‘n bydrae tot die unieke gemeenskapsprojek te lewer. Casvier Gallery Museum and Theatre is oop tussen 08:30 tot 16:30 van Maandae tot Vrydae en Saterdae van 08:30 tot 15:00. Foto: Noluvu Ludidi

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article