Marinda Engelbrecht van Marinda Kook se snoekfrikadelle.

As die snoek in die Weskus loop, moet jy snoek gaarmaak. Hierdie heerlike snoekfrikkadelle is fantas- ties as ‘n voorgereg.

Bestanddele:

• 800 g gaar snoek, gevlok,

• 250 ml kapokaartappels (gebruik een groot aartappel),

• 1 suurlemoen se sap en skil, fyn gerasper,

• 250 ml fyngekapte pietersielie,

• 1 pakkie bruin uiesoppoeier,

• 1 ui, fyn gerasper.

• sout en witpeper, soos verkies,

• broodkrummels om in te rol.

Metode:

Meng die vis, ui, pietersielie, suurlemoensap, suurlemoenskil, kapokaartappels, soppoeier, sout en peper saam in ‘n bak.

Vorm balletjies en druk dit ‘n bietjie plat met jou hand.

Rol die platgedrukte koekies in die broodkrummels en sit dit op ‘n bakplaat met bakpapier in die yskas vir een uur.

Bak dit in vlak olie, in die oond of in die lugbraaier totdat dit goudbruin is.

Dreineer dit op kombuispapier.

• Bron: Marinda Kook

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article