Die organiseerders van die sokkerafdeling van die jaarlikse Visfabrieke-toernooi het hul borgskap van R80 000 (Dinsdag 23 September) van Nampak Metals ontvang. Regan Adams, die organiseerder van die sokkertoernooi, is trots op Nampak Metals vir hul getroue ondersteuning. Die Visfabrieke-toernooi vind op Vrydag 24 en Saterdag 25 Oktober op die Smit-sportterrein in Velddrif plaas. Regan Adams, Cecilia Laker-Louw (Nampak Metals), Dirk Cockrell en Jacques Basson staan trots met die tjek. Foto: Noluvu Ludidi

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article