Die eerste amptelike Weskus Street Mile-wedloop het Saterdag 27 Mei plaasgevind.
Deelnemers van nege tot 70 jaar en ouer kon aan die wedloop deelneem. Volgens Christopher Rodgers, voorsitter van Langebaan-atletiekklub was die geleentheid goed georganiseer.
“Opkoms kon baie beter wees, maar skole was almal betrokke by rugby en netbal op die dag. Oor die algemeen het dit goed afgeloop. Rodgers hoop om nog meer klubs en skole by die volgende wedloop te sien wat Saterdag 17 Junie plaas vind.”
Deelnemers hardloop in ouderdomsgroepe en sal die roete deur die dorp volg om hul 1,6 km, oftewel 1 myl, te voltooi.
Prysgeld ter waarde van R56 000 is op die spel. Die skool met die meeste inskrywings sal ’n trofee sowel as ’n geldprys wen.
Benewens die geleentheid, wat ’n sport-trekpleister kan word, meen die Langebaan-atletiekklub die Weskus- Street Mile kan eersdaags toerisme na die streek help aanwakker.
Die hoop is om die Weskus- Street Mile na ander dorpe in die gebied uit te brei.
Hy bedank graag vir Stiaan en dr. Ronel Viljoen, Saldanhabaai-munisipaliteit, Boland-atletiek, Rural and Para Athletics Academy, Langebaan Country Estate, Printeq, Langebaan Spar, Weslander, Nolan Adams en James Bugan.
. Vir meer inligting oor die Street Mile, asook hoe en waar om in te skryf, besoek die webblad www.langebaanathleticclub.co.za, die Facebookblad of skakel Christopher Rodgers by 073 232 0046.
Week 1 se Street Mile-wedloop uitslae:
9 Jaar
Seuns: Reagan Thomas. Tyd: 6:13
Meisies: Faith-Lynn Waterboer. Tyd: 7:33
10 jaar
Seuns: Xavier Lewis. Tyd: 5:47
Meisies: Zonne Pietersen. Tyd: 6:26
11 jaar
Seuns: Evan-Lee Boysen Berling. Tyd: 5:28
Meisies: Angell Pholman. Tyd: 5:42
12 jaar
Seuns Elrich Jantjies. Tyd: 5:29
Meisies: Anestia Nero. Tyd: 6:13
13 jaar
Seuns: Xavier Swarts. Tyd: 5:22
Meisies: Linique Lottering. Tyd: 5:50
14 jaar
Seuns: Breyton de Bruin. Tyd: 4:40
Meisies: Cleo Marthinus. Tyd: 5:22
15 jaar
Seuns: Luseatin Fryer. Tyd: 5:00
Meisies: Deniah Mcdonald. Tyd: 6:02
16 jaar
Seuns: Irshlyn Koop. Tyd 5:02
Meisies: Rebecca Flack. Tyd: 6:10
17 jaar
Seuns: Jirano Beukes. Tyd: 4:48
20 jaar
Mans: Emmanuel Fredericks. Tyd: 4:32
Vroue: Leverne Bester. Tyd: 6:35
Senior
Mans: Lorenzo Pieters. Tyd: 4:46
Vroue: Lee-Shay Willemse. Tyd: 5:50
40 plus
Mans: Afrika Bruintjies. Tyd: 6:09
50 plus
Mans: Moos Ruiters. Tyd: 6:11
Vroue: Tania Jenkinson. Tyd: 6:39
60 Plus
Mans: Louis Claasen. Tyd: 5:59
Vrou: Erika van de Vries. Tyd: 8:10
70 plus
Mans: Sakkie Mentoors. Tyd: 9:56
Vroue: Lucia Fernandez. Tyd: 11:18



