Volgens kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, is die 15-jarige slaner op die video op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer in hegtenis geneem. Hy verskyn môre (Vrydag 2 Junie) in die Vredenburg-landdroshof.

Bronagh Hammond, direkteur van kommunikasie by die Wes-Kaapse onderwysdepartement, sê die aanbeveling van ’n komitee van ’n interne tugverhoor op Dinsdag 30 Mei by die Hoërskool Vredenburg sal aan die beheerliggaam voorgelê word vir finalisering van stappe. Die leerder word toegelaat om eksamen te skryf, maar moet dadelik daarna vertrek. Die saak van die video-opnemer is na die skoolbeheerliggaam vir ’n tugproses verwys. “Die implikasies van die verfilming en/of verspreiding van inhoud van hierdie soort op sosiale media is ernstig. Ons pleit voortdurend teen die verfilming, deel en verspreiding van sosialemediavideo’s van hierdie soort,” sê Hammond.

In ’n tweede voorval, by die New Vredenburg High School verlede Donderdag 25 Mei, het drie leerders glo ’n 17-jarige skoolseun aangerand. Die polisie ondersoek ’n aanrandingsklagte.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article