Twaalf spanne sal Saterdag (8 April) in Bergrivier kragte meet vir die Bergrivier-rugbybeker.
Die aksie vind tussen 08:00 en 20:00 by die Rhino-sportpark plaas en sal groot rugbyaksie oplewer. Die spanne wat speel, sluit in Porterville, Piketberg, Velddrif, Redelinghuys, Goedverwacht, Porterville United, Zebras, Flying Eagles, Mountain Eagles, Wittewater, Moutonshoek en Aurora.
Die geleentheid word aangebied deur die Bergrivier-munisipaliteit en die plaaslike sport-en-ontspanningsvereniging en alle inkomste gaan aan die vereniging.
Toegang by die hekke kos R10 vir kinders en R20 vir volwassenes.




