Luciano Masseli druk sy tweede drie, wat ook aan Young Hearts hul bonuspunt besorg het. Foto: Murphy Roberts


Young Hearts het Saterdag op die grafkelder uit die kake van ’n nederlaag teen Velddrif ontsnap. Die troepe van Ruben Abels, wat rustyd 14-10 voor was, het egter genoeg gedoen om die wedstryd 31-29 te wen.

Die tuisspan, wat die eerste helfte met die wind van agter gespeel het, was lank 14-0 voor en het hul ondersteuners met goeie hardlooprugby en rotsvaste verdediging vermaak, wat die besoekers op die agtervoet gehou het. Young Hearts se swak dissipline het egter byna veroorsaak dat die besoekers by die agterdeur kon inglip en het drie geelkaarte gekry.

Velddrif het dit tot sy voordeel gebruik en twee verdoelde drieë kort ná mekaar behaal, wat die wedstryd enige kant toe kon laat swaai. Young Hearts met sy hardnekkige verdediging het ook verskeie kanse nie gebruik en die bal verskeie kere ná goeie aanvallende spel verloor, wat die besoekers in teenaanvalle omgeskep het.

Beide spanne het ook talle kanse verbrou. Met die aanbreek van die Paasnaweek gaan die spanne nou eers kerrievis en Paaseiers geniet. Abels en sy troepe reis Saterdag 6 April na Paternoster en die oorwinning het die span ná drie wedstryde in die sewende plek op die punteleer.

Mamre is ná sy wedstryd teen Saldanha in Mamre swaar deur die Unie gestraf nadat die wedstryd onplesierig geëindig het. Mamre is met R50 000 beboet, waarvan die helfte opgeskort is, en die span is ook vir agt wedstryde, opgeskort met vyf wedstryde, geskors.

Uitslae:

Swartland

Never despairs 20-42 Wesbank, Good Hopes 29-22 Darling, Porterville 21-23 Abbotsdale, Saron 31-11Young Eagles en Villagers Wittewater 24-22 Moorreesburg

Weskus

Langebaan 15-22 Saldanha, St. Helena 8-8 Paternoster, Young Hearts 31-29 Velddrif, Hopefield 30-29 Vredenburg en Steenberg’s Cove 28-0 Mamre.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article