Die winter is hier, maar dit beteken nie die tuingereedskap moet weggepak word nie.
In Suid-Afrika is ons winters heel geskik om ’n tuin te begin. Vergeet die idee dat die koue nie geskik is om te plant nie – baie gewasse kan met die regte hoeveelheid voedingstowwe die beste in die koeler maande vaar. Baie streke geniet steeds helder en sonnige dae gedurende die koudste seisoen.
Die gewone planttyd vir ’n wintertuin is Maart, April en Mei, maar in warm, rypvrye gebiede kan die meeste wintergewasse reg deur die winter geplant word.
Een impakvolle en prettige manier waarop jy jou koolstofvoetspoor kan verminder, is deur jou eie kos te kweek. Deur jou eie kos te kweek, kan jy ophou om net op tradisionele metodes staat te maak om jou produkte by ’n kruidenierswinkel te koop. Deur jou eie kos te kweek, help jy om die groot hoeveelhede brandende fossielbrandstowwe wat ons omgewing vul – wat ’n direkte gevolg is van die invoer van voedsel wat van kommersiële boere af kom – te verminder.
Dit is maklik om groente te kweek, veral met behulp van twee eenvoudige dinge: gereedskap en sonnige kolle.
Selfs die kleinste stukkie grond kan in ’n welige, florerende tuin omgeskep word. Die meeste groente – veral wintergewasse – benodig baie sonskyn, goeie en goed gedreineerde grond en gereelde water. Dit is noodsaaklik om die beddings ongeveer twee weke voor planttyd deeglik voor te berei, met kompos. Voeg genoegsame beenmeel by die grond asook gebalanseerde organiese kunsmis. Probeer om dit vroeg in die oggend te doen, en maak daarna deeglik nat. Kies ’n beskutte plek in die tuin om jou groente te kweek. Warm, droë somerwind en ysige koue winterwind kan jou oeste vernietig. Dit kan gedoen word deur windskerms op te rig, mure te bou of om rame om jou plante aan te bring.
Oorweeg dit sterk om ’n deel van jou tuin opsy te sit om vrugte en groente, wat die beste in wintermaande sal floreer, te kweek – appels, botterskorsie, beet, blomkool, pere, wortels, perskes, nektariene, knoffel, uie, radyse en ertjies.
Vir die gemiddelde gesinstuin is dit die beste om kleiner hoeveelhede groente met gereelde tussenposes gedurende die groeiseisoen uit te plant, eerder as om te veel op een slag te plant.
Opeenvolgende saai en plant sal ’n meer aaneenlopende oes verseker, eerder as ’n groot hoeveelheid op ’n keer. Onthou om groter groeiende variëteite groente aan die suidekant van jou groentetuin te plant, waar hulle nog by baie wintersonskyn sal baat, maar nie kleiner groeiende oeste sal oorskadu nie.
’n Groep plaaslike groentekwekers leer tans ’n reeks vaardighede aan wat hulle sal toerus om hul eie tuine en opbrengste te vergroot. Hierdie program, wat deur die Atlantis Special Economic Zone (ASEZ) finansier word, het ook ten doel om verdere markte en inkomstegeleenthede uit die gekweekte groente te ontsluit.. Vir meer inligting oor wat ons as ’n organisasie doen om ’n groener ekonomie te bevorder, besoek ons webwerf by www.atlantissez.co.za of stuur e-pos na hello@atlantissez.co.za
Verwysings: www. briefly.co.za, www.gardeninginsouthafrica.co.za, www. ecogardener.com asook www.trianglepest.com.

