Brandon Jacobs (afrigter

“Ons is deel van Atlantis en Atlantis is deel van ons!” Só sê Natalie Buck, bemarkingsbestuurder van die nuwe winkel Jam Clothing. Ons is met die onlangse opening van ons winkel met ope arms verwelkom. Ons is van dag een af met verskillende gemeenskaps­projekte in die gemeenskap betrokke.”

Jam het onlangs die o.14-seuns-sokkerspan van Wesfleur Primêr met nuwe uitrustings geborg. “Dit is ons beleid dat plaaslike sportspanne en atlete in die gemeenskap bo hul omstandighede moet uitstyg. Ons borg nie net die atlete met nuwe uitrustings nie, maar belê in hul toekoms ook.”

Volgens Brandon Jacobs, die afrigter van die span, is die nuwe uitrustings nie net ’n borg van die winkel nie, maar ’n inspirasie vir die span.

Volgens Bredan Esterhuizen, die sportsameroeper, sal die nuwe uitrustings die moraal van die span tot nuwe hoogtes neem. Die span kan nie wag om met hul nuwe uitrustings op die veld te draf nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article