Met bykans alle georganiseerde sportgebeurtenisse wat steeds weens die Covid-19-pandemie tot stilstand gedwing is, blyk dit dat virtuele wedlope hier is om te bly.
Die bekende sportgeleentheidsorganiseerders Top Events het nou drie virtuele wedlope in samewerking met Discovery Vitality gereël: die Spartan Harriers wat op 6 en 7 Februarie gehou is; en die Century City Express op 27 en 28 Februarie, gevolg deur die Durbanville AC op 21 en 22 Maart.
Alle wedlope bied ’n keuse van afstande van 21,1 km, 10 km of 5 km vir hardloop of stap.
Deelnemers verdien met elke wedloop 300 Vitality-punte en ontvang ’n waterbottel en ’n pet. Dié wat die virtuele wedloop voltooi, kry ook ’n medalje.
Deelnemers kan talle pryse wen, waaronder Nutribullets.. Besoek www.topevents.co.za.




