Met bykans alle georganiseerde sportgebeurtenisse wat steeds tot stilstand gedwing is weens die Covid-19-pandemie, blyk dit dat virtuele wedlope hier is om te bly.
Die bekende sportgeleentheidsorganiseerders Top Events het nou in samewerking met Discovery Vitality drie virtuele wedlope gereël: die Spartan Harriers wat op 6 en 7 Februarie gehou was; en die Century City Express op 27 en 28 Februarie gevolg deur die Durbanville AC op 21 en 22 Maart.
Alle wedlope bied ’n keuse van afstande van 21,1 km, 10 km of 5 km hardloop of stap.
Deelnemers verdien met elke wedloop 300 Vitality-punte en ontvang ’n waterbottel en ’n pet.
Dié wat die virtuele wedloop voltooi, kry ook ’n medalje.
Deelnemers kan talle pryse wen, waaronder Nutribullets.
. Besoek www.topevents.co.za.




