Groen geboue is die omgewingsbewuste konstruksie (en bedryf) van geboue.
“ ’n Groen gebou”, of volhoubare ontwerp, is die praktyk wat die doeltreffendheid verhoog waarmee geboue en hul terreine, energie, water en materiale gebruik. Verder verminder die “groen gebou” ook die impak op die gesondheid van die mens en die omgewing gedurende die hele lewensiklus van die gebou. Hierdie prosesse verg nadenke vanaf die begin tot die einde – wat “groen konsepte” in die beplannings- en ontwerpfases inbring, tot dwarsdeur die konstruksie-, bedryfs- en instandhoudingsfase.
Konsepte rakende “groen geboue” strek verder as slegs die mure van geboue en kan ook twispunte met betrekking tot terreinbeplanning en grondgebruik insluit.
Die beplanning en ontwerp van ’n “groen gebou” moet begin met die kies en gebruik van ekologies-vriendelike materiale met verwante of selfs beter eienskappe as tradisionele/standaard boumateriale.
Ideaal gesproke moet dit plaaslik verkrygbaar wees of beter selfs, as dit in die natuurlike habitat verkrygbaar of beskikbaar is. Dit verminder die koolstofvoetspoor verder deur die vervoer tot ’n minimum te beperk.Waarom is die konsep “groen gebou” belangrik?
Die groei en ontwikkeling van ons gemeenskappe het ’n groot impak op ons natuurlike omgewing. Die versekering dat dit volhoubaar deur middel van hulpbrondoeltreffende praktyke geskied, is voordelig vir die omgewing en die gemeenskappe wat hierdie ruimtes beset.Wat is die koste om ‘’groen’’ te word?
Om ekologies vriendelik te bou, word dikwels duurder beskou as gebruiklike boumetodes. Dit is egter nie altyd die geval nie.
Deur ‘’groen’’ beginsels reg vanaf die beginfase te volg, bespaar die verskillende boukenmerke byvoorbeeld kapitale konstruksiekoste, deur die behoefte aan elektriese verhitting of verkoeling uit te skakel deur passiewe sonverhitting te gebruik. Die doeltreffende gebruik van materiale en hulpbronne in die ontwerpfases sowel as die voordeel van herwinning van afvalmateriale, energie en water, wat as gratis beskou kan word, maak dit alles sin om die geld en moeite in die begin te belê. Dit maak dus ook omgewing- en finansiële sin om groen te bou.
Hier is ’n paar groen konstruksie metodes en idees:1. Herwinde bande as basis vir fondasie en hoogte bo die grond.2. Sandsak-konstruksie of die gebruik van eko-bakstene in plek van oond-vuur bakstene.3. Houtraam-omheinings.4. Geïsoleerde plafon met isolasie van herwinde PET-plastiek, om koel te hou in die somer en warm in die winter.5. Reënwater-oestenk wat water uit geute versamel vir huishoudelike gebruik.6. Opwekking van elektrisiteit uit hernubare hulpbronne soos sonpanele.7. Die gebruik van ekovriendelike beligting of sonkrag-beligting binne en buite die huis.• Vir nog inligting, kontak gerus die Atlantis Spesiale Ekonomiesesone by info@atlantissez.co.za.

