Chrisandro Flemmer van Kerria Primêr is SuperSport en Weskus Nuus se Let’s Play-wenner vir Augustus.Foto: Clement Trussell


Chrisandro Flemmer van Kerria Primêr het Suid-Afrika vroeër vanjaar in Namibië verteenwoordig.

Dié 10-jarige karateka, wat in gr. 4 is, het sy karatevernuf van 25 tot 26 Mei in Namibië gaan wys en w
as daarna ook lid van die Suid-Afrikaanse span wat Kroasië van 1 tot 7 Junie besoek het.

Flemmer is die beste o.10- en o.11-kumitevegter in die land en vierde in kata. Dié vurige vegter sal van 6 tot 8 September aan die UniCity-uitkloppe deelneem waarna hy van 20 tot 22 September by die KSA se Karateliga in Potchefstroom sal wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article