Twee vermeende seksoortreders is ná jare se seksuele oortredings met twee susters Vrydagoggend (4 Junie) in die vroeë oggendure deur lede van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe aangekeer.
Die pa (56) en seun (23) is by hul huis in Protea Park in hegtenis geneem, het Kapt. Lisa Munro, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, aan Weskus Nuus, bevestig.
Die slagoffers, wat nou onderskeidelik 16 en 19 jaar oud is, is glo reeds vanaf sewe- en tienjarige ouderdom deur die verdagtes misbruik. Volgens ’n betroubare bron het die bom gebars toe een van die slagoffers probeer selfmoord pleeg het.
Die verdagtes het Maandag (7 Junie) in die hof op 20 aanklagte van seksuele aanranding, drie van verkragting en 10 van
Die twee is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat. Hul borgvoorwaardes sluit in dat hulle elke Saterdag by die plaaslike polisiekantoor aanmeld. Die twee mag ook nie enige kontak met die klaers of hul familielede – direk of indirek – hê nie.
Volgens Munro is op verskeie elektroniese toebehore, drie selfone en die klaers se paspoorte beslag gelê.
Janine Passenz van die Survivors Haven Foundation, wat verkragting-slagoffers bystaan, sê dit is ’n skreiende skande dat die twee verdagtes enigsins borgtog kon kry. Passenz het uitgevaar teen die stelsel wat “elke keer slagoffers faal en die prentjie skets dat dit nie ’n ernstige oortreding is nie”.
Verskeie organisasies het nou tot die stryd toegetree en Fiona Abrahams, ’n proporsionele raadslid, het ook haar stem laat hoor. Volgens Abrahams moet die regstelsel aan die gemeenskap kom verduidelik hoekom vermeende verkragters so maklik borgtog kry asof dit ’n “minder ernstige misdaad” is.
. ’n Voormalige rugbyafrigter van Mamre, wat hom as ’n dokter, fotograaf, model-agent, fiksheidsinstrukteur en lesbiese vrou op sosiale media voorgedoen het om vermoedelik sy slagoffers te verkrag, het weer Dinsdag (8 Junie) in die Atlantis-streekhof verskyn. Die 46-jarige verdagte is vroeër in Maart weer aangekeer nadat hy blykbaar nie by sy borgvoorwaardes gehou het nie, maar is ná drie weke in aanhouding weer vrygelaat. Hy is in huisarres. Die verdagte is tans uit op R10 000 borgtog en verskyn op 11 Augustus weer in die hof.




