Radio Atlantis het Woensdag 1 September sy 26ste verjaarsdag gevier. Clement Trussell, Nikki Pretorius, Charlton Keesch (voorsitter), Dean Goliath (bestuurder) en Neorisha Arendse kan nie wag om aan die lekkernye weg te lê nie. Foto: Murphy Roberts


Radio Atlantis het sy 26ste jaar op die lug Woensdag 1 September gevier en gaan behoorlik feesvier, sê Dean Goliath, die stasiebestuurder.

Volgens Goliath het hy en sy span verseker dat luisteraars baie pryse kan wen en kompetisies word tot die einde van September gehou.

“Pryse soos koopbewyse, geld, wegneemetes en braai-combo’s is op die spel,” vertel hy.

Volgens Goliath is Radio Atlantis een van die oudste gemeenskaps-radiostasies en staan hulle elke dag voor nuwe uitdagings. Volgens Charlton Keesch, voorsitter van die raad, is hy baie trots op Goliath en sy span, wat ten spyte van die pandemie nie ’n enkele dag nié op die lug was nie. “Dit is gewis ’n span wat nog elke dag die gemeenskap ingelig hou.”

Weskus Nuus gaan ’n gelukkige luisteraar en leser bederf met ’n heerlike braaigeskenk op Erfenisdag (Braaidag). Dié gelukkige wenner moet ’n foto in ’n erfenisuitrusting met die jongste Weskus Nuus duidelik sigbaar, neem,” sê Neorisha Arendse, organiseerder van die kompetisie.

Dit moet na Radio Atlantis na die WhatsApp-nommer 068 346 6873 gestuur word. Die kompetisie begin vandag (Dinsdag 14 September) en sluit Donderdag 24 September.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article