Die maand van liefde is hiér en wanneer ons na vandeesweek se uitgawe kyk, blyk daar nog baie liefde in Atlantis te wees.
Niemand het hartjies in hul oë nie – die gevalle van “liefde” gaan liewer oor die liefde vir die saak.
Al is misdaad en wreedheid aan die orde van die dag, is daar wetstoepassers wat só lief is vir hul gemeenskap dat hulle onvermoeid werk om skurke van die strate af te kry. Hulle is selfs lief vir sport.
Liefde kom in vele vorme voor en dit is nie altyd maklik om die liefde vir ’n saak lewend te hou nie, maar soos meeste ander dinge is liefde harde werk.
Kies vandeesmaand iets om jou liefde te betoon – of dit ’n kerk, kind se skool of ’n niewinsgewende organisasie is – en kyk net wat jy kan vermag met ’n bietjie meer liefde. – YM

