Johnny Magic en Zane Gevaarlik is twee talentvolle sokkerspelers wat groot drome het om eendag op Old Trafford sokker te speel. Magic word aan een van die dorp se gevreesde leiers, Mr. Money, voorgestel en dié laat Magic die eerste keer kennis maak met ’n vuurwapen, waarvoor Magic ’n liefde ontwikkel.
Magic word op die moordtoneel van Dimpels deur ’n buurvrou herken. Magic moet besluit of hy gaan man staan, maar ’n aanslag op sy ou
ers se lewe laat hom anders besluit. Lees nou verder.
Mr. Money hou elke beweging van Zane wantrouerig dop.
“Ek weet nie of ek die mannetjie langer kan vertrou nie. Wat as hy sy bek met die boere oopmaak?” wonder Mr. Money.
Maande het verloop sonder dat hulle iets van Magic hoor en dit stres die leier. “Wat hoor jy van jou spanmaat?” gooi die uitgeslape bendeleier ’n klip in die bos.
“Boss wiet mos daai Frans is missing in action, maar ek gaan een ding met hom dala as hy sy voete hie sit my Larney,” sê Gevaarlik.
Mr. Money gee weer een van sy gunsteling-smiles en maak vrede dat Zane steeds lojaal is.
Dinge is baie stil en dit laat die bendeleier soms in koue sweet uitslaan. Die “f*&k*l werd gattas op die payroll” het ook geen inligting oor die doen en late van Magic.
Flip weet hy sal Job se geduld moet hê om die saak suksesvol te ondersoek en wy meeste van die tyd aan sy getuie. Met al my getuie wat veilig is, is dit tyd om Mr. Money bietjie te besoek.
“Ek moet hom eenvoudig dwing om ’n fout te maak sodat daar ’n plan twee en drie kan wees.
Sy geld kan van die land se voorste regslui bekostig en een fout en die skurk stap vry,” meen Flip.
“Yes, wies jy?” vra Mr. Money selfversekerd toe Flip die ruim sitkamer binnestap. Flip gee ’n skewe smile en stel hom voor as Mr. Money se worst nightmare.
“Ek het lus van jou k%k jokes ok, wie is jy en wat soek jy hiesa?” hou die leier vol. Flip weet dis paniek wat nou inskop en hy sal versigtig moet wees.
“Mr. Money ek is maar net ’n posbode wat ’n boodskap vir jou het,” sê Flip. “Luister man praat as jy moet praat moenie my tyd kom staan en mors met k*&praatjies nie,” bulder Mr. Money en ’n paar van sy manskappe staan versigtig nader.
Flip gee ’n geheimsinnige smile en weet die leier is op sy senuwees en laat val die bom.
“Jou tyd is min meneer ek kom waarsku jou formeel dat jy binnekort agter tralies sal wees waar jy hoort. Al jou geld sal jou nie daar uithou nie.”
Mr Money bars uit van die lag. “Wie de f*& is jy om my in my plek te dreig,” wil hy weet.In die volgende uitgawe: Mr. Money en Flip se konfrontasie het gevolge vir altwee.

