Vir ’n gesin van drie hoef ’n 200-liter- waterverwarmer net ’n uur en ’n half per dag aan te wees en almal sal warm kan bad. As jy gedurig vergeet om dit weer aan te skakel, sal dit jou sowat R1 000 kos om ’n tydskakelaar te installeer wat toegerus kan word met ’n klein toestelletjie wat jy van jou selfoon af kan beheer.

Die verhitting van water is die groot kragvraat in die huis. Danksy ’n tydskakelaar kan jy omtrent R25 per dag se krag bespaar oor nege maande van die jaar, wintermaande uitgesluit. Dus is die helfte van jou verbruik in ’n tweeslaapkamerhuis hieraan gekoppel.

Die gebruik van ’n gasstoof waarop ’n mens koffiewater kan kook, is ook ’n goeie opsie en as die gasinstallasie eers aangebring is, is dit maklik om dan ook ’n gas-geiser aan te bring. Só geiser kan jou egter R20 000 tot R30 000 uit die sak jaag.

As jy nie enige van dié hulpmaatreëls het nie, is dit beter om minstens jou ys- en vrieskaste tydens beurtkrag af te skakel. Dit is die sensitiefste toerusting in die huis. Kragstuwings en afnames wat voorkom wanneer die kragtoevoer herstel word, beskadig dit maklik.

Sonpanele moet verseker word teen diefstal, skade weens onbestendige kragtoevoer en weerlig, al is weerligbeskerming ingebou.

Die kragverskafferkrisis in Suid-Afrika gaan gewis erger raak en ons sal planne by die huis moet maak om eerstens meer onafhanklik van Eskom te wees en tweedens om minder te betaal vir krag.. As elke huishouding in die land een lig afsit, is dit ’n besparing van 835 MW;. as alle gewone gloeilampe met energiebesparende ligdiode-gloeilampe (LED’s) vervang word, is die besparing 765 MW;. as al 675 000 swembadpompe in die land ’n ekstra uur per dag afgeskakel is, word 506 MW bespaar; en. as alle geisers se temperatuur afgestel word tot 60 grade Celslus en dit tydens spit tydverbruik saans afgeskakel word, is die besparing 743 MW.

As Suid-Afrikaners uitvoering gee aan al dié besparings, sal die aanvraag 2 849 MW beloop. Dis meer as die tekort tydens fase-2-beurtkrag en genoeg om die Kaapstad-metrogebied van krag te voorsien.

In ’n neutedop – ons moet meer vernuwend oor kragverskaffing en die gebruik daarvan in die Atlantis SEZ, in die groter Suid-Afrika en ook by die huis dink. Volgende keer sal ons lesers ’n bietjie meer insae gee oor die werk wat die Atlantis SEZ gedoen het wat kragvoorsiening in die SEZ betref as Eskom faal. Vernuwende denke, maar kom ons wees eerlik – vernuwing begin by die huis, net soos goeie maniere en werketiek.

Mooi loop.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article