Calvyn Joubert die voorsitter van Cape Coloured Congress in Atlantis sê onder die huidige omstandig­hede is dit beter om die verkiesing uit te stel, al is raadslede uit voeling met hul gemeenskappe.


Die plaaslike verkiesing wat vanjaar in Oktober sou plaasvind, moet uitgestel word.

Dít is volgens die verslag van Dikgang Moseneke, die afgetrede adjunkhoofregter wat moes ondersoek instel of die beplande plaaslike verkiesing vry en regverdig sal wees met die Covid-19-pandemie op hande. “Ons neem kennis dat die verkiesing binnekort gehou moes word, maar nie ten koste van enige lewe nie,” het Moseneke gesê en bygevoeg: “Die kundiges se bewyse sê ons gaan heel moontlik baie lewens verloor as ons nie ten minste ’n sekere vlak van kudde-immuniteit bereik nie.” Moseneke het aanbeveel dat die verkiesing regverdig en veilig sal wees as dit nie later as Februarie 2022 gehou word nie. Kundiges het aan hom uitgewys dat lang rye, veldtogte voor verkiesings en groot samekomste, veral op verkiesingsdag, tot ’n skerp styging in Covid-19-gevalle kan lei. Hulle is van mening dat duisende lewens gered kan word as die verkiesing gehou word nadat kudde-immuniteit bereik is.

Die Onafhanklike Verkiesings­kommissie bestudeer tans Moseneke se verslag voordat ’n beslissing geneem sal word. Kleiner politieke partye het egter voor die ondersoek gevra dat die verkiesing moet voortgaan. Weskus Nuus het verskeie politieke leiers in die dorp gevra oor hulle gevoel rakende dié beslissing.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article