Cynthia Clayton het die eerste ronde teen die DA gewen. Foto: Facebook


Cynthia Clayton, wyksraadslid en voorsitter van subraad 1, het die eerste ronde oorleef in ’n poging van die DA om haar as voorsitter met raadslid Nora Grose van Melk­bosstrand te vervang.

Raadslede van subraad 1 is ver­lede week ná ’n dringende sub­raadsvergadering geroep waar ’n mosie van wantroue teen Clayton ingedien sou word.

Die vergadering is egter so gou as wat dit geroep is, weer gekan­sel­leer sonder enige verduide­liking. Clayton, wat tans in ’n stryd om oorlewing veg, wou nie kommentaar lewer nie en sê sy konsulteer met haar regsver­teenwoordiger.

Sy wou nie bevestig of sy ’n interdik teen die vergadering verkry het nie en of die verga­dering dalk deur die speaker van die raad gekanselleer is nie.

Die hoofsweep, Desiree Visagie, wat die kennis vir die vergadering uitgereik het, wou ook nie kommentaar lewer oor waarom die vergadering nie plaasgevind het nie.

Die partye swyg tans oor die mosie en die raad se onderleier van die koukus, JP Smith, sê hy is nie in “beheer van subrade nie”. Gerugte dat die mosie dalk onwettig was omdat dit nie deur die speaker se kantoor hanteer was nie word ook as ’n rede aangevoer vir die kansellasie van dié vergadering.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article