Die 16 dae lange veldtog teen geslagsgeweld en geweld teen kinders het vanjaar weer op 25 November begin en tot 10 Desember gestrek.
Oor die streek heen is verskeie geleenthede deur organisasies, staatsdepartemente en skole gehou om bewusmaking te skep.





