Die Stad Kaapstad se departement vir ontspanning en parke het vakansieprogramme vir skoolkinders in die vier verskillende Metro’s – Noord, Oos, Sentraal en Suid – van 22 Maart tot 2 April aangebied.
In Atlantis is drie gemeenskapsale, naamlik Saxonsea, Uitbreiding 12 en Rebecca van Amsterdam gebruik waar verskeie speletjies en sportaktiwiteite aangebied is.
Volgens Karen Arendse van die Stad Kaapstad en ook die spanleier, was dit baie suksesvol want meer as 200 leerders het aan die vakansieprogram by die Saxonsea-gemeenskapsaal deelgeneem. Arendse sê die program is daarop gemik om kinders tydens skoolvakansies uit die strate en weg van verkeerde dinge te hou.
Die kinders het hulle tydens die vakansieprogram geniet, sê Arendse.. Weskus Nuus het op 2 April, die laaste dag van die program, ’n draai by Saxonsea gaan maak en ’n paar foto’s geneem.


