William Stanley, die bekende Radio Atlantis-omroeper, is Woensdag 7 Augustus oorlede.Foto: Verskaf

‘Uncle Willie’ se stem stil

William Stanley, die bekende Radio Atlantis-omroeper, is Woensdag 7 Augustus oorlede.Foto: Verskaf


Die geliefde “Uncle Willie” se stem is nou verewig stil.

Die 65-jarige Radio Atlantis-omroeper en gemeenskapswerker William Stanley, wat as “Uncle Willie” onder luisteraars bekend was, se stem het Woensdag 7 Augustus stil geraak toe hy ná ’n kort siekte oorlede is.

Uncle Willie was byna 20 jaar by die plaaslike radiostasie betrokke en was veral gewild met sy goue oue treffers op ’n Sondagmiddag.

Hy was ook ’n voormalige voorsitter van Parkview Primêre Skool se beheerliggaam en het tot kort voor sy siekte as hekwag by dié skool gewerk.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 12 May 2026
    WeskusNuus E-Edition – 12 May 2026

Gift this article