Suid-Afrikaners is al vir maande voos vir die Covid-19-pandemie, maar met die land se tweede vlaag amptelik op hande, is dit belangrik om steeds by die veiligheids­maatreëls te hou.

Plaaslik het gevalle oor die afgelope weke toegeneem. Onthou om veilig te wees – dra ’n masker, was jou hande gereeld en hou ’n veilige sosiale afstand.

“Hoewel bejaardes die mees kwesbaar vir erge Covid-19 is, was meer as 40% van die Wes-Kaap se sterfgevalle mense wat jonger as 60 is. Dit sluit meer as 120 mense in jonger as 30, byna 900 tussen 30 en 50, en meer as 1 000 tussen 50 en 59 jaar oud,” het die premier Alan Winde, Vrydag (11 Desember) gewaarsku.

Buurt 13 Nov. 27 Nov. 4 Des.
Saxonsea254281300
Mamre211217222
Proteapark150165180
Robinvale161172179
Witsand109122132
Sherwood112125139
Beaconhill798082
Nywerheid566367
Wesfleur222324
Saxonworld121212
Pella799
Avondale188211222
Totaal 1 3611 4801 568

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article