Die voertuig is in Malmesbury gesteel en is danksy die vinnige optrede van die Atlantis-polisie in Klein Dassenberg-rylaan van die pad af gedwing.


Twee gewapende mans het hulle teen die vinnige optrede van die polisie vasgeloop, het kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, bevestig.

Volgens Munro het lede van die misdaadvoorkomingseenheid Woensdagaand (19 Februarie) inligting ontvang dat twee gewapende mans in ’n vermoedelik gesteelde voertuig in klein Dassenberg-rylaan na Atlantis op pad was.

Die manne in blou het vinnig op die inligting gereageer en die verdagtes se motor van die pad af gedwing. Die bestuurder van die gesteelde voertuig het gedink hy staan ’n kans teen die polisielede as hy dalk kon weghardloop, maar is gou aangekeer.

Volgens Munro is die twee verdagtes (24 en 43) ook met ’n ongelisensieerde vuurwapen in hul besit betrap.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article