Moses April (53) van Proteapark: Vir my klink die syfer te min, want ek weet van ’n gesin wat positief vir Covid-19 is omdat hulle die simptome het, maar hulle het nie vir ’n toets gegaan nie. Ek dink die storm broei nog en gaan ons hard tref.Foto:


Met meer as 100 000 positiewe gevalle van Covid-19 in Suid Afrika verdubbel die syfers weekliks in Atlantis en word veiligheids­maatreëls steeds deur die meeste inwoners geïgnoreer.

Atlantis se getalle het van 2 Junie tot 22 Junie verdubbel van 216 tot 488. Saxonsea is steeds boaan die lys met die meeste infeksies (37 tot 98) terwyl Avon­dale nou die tweede plek beklee (30 tot 74). Mamre se getalle styg skerp en het verdriedubbel (22 tot 66).

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het Dinsdag 23 Junie aangekondig dat die provinsie tans 52 178 infeksies het waarvan 37 234 herstel het en 1 500 dood is. Volgens hom is 1 653 mense wat positief getoets is tans in die hospitaal met 326 wat in die hoësorg­eenheid is. Winde het Woensdag 24 Junie maatreëls aangekondig om die verspreiding hok te slaan. Volgens die premier is daar tans baie mense wat weier om in kwarantyn te gaan omdat hulle nie hul families alleen wil laat nie. Hy het ook aangekondig dat openbare toilette, skole en ander openbare plekke meer ontsmet sal word en dat sy regering met die polisie en ander wetstoepassers gaan saamwerk om strenger maatreëls toe te pas. Hy sê ook dat nieregerings­organisasies, buurtwagte, geestelike leiers en vrywilligers genader is om te help in brandpunt-gebiede om mense int te lig oor die virus en die veiligheidsmaatreëls. Dr. Zweli Mkhize, minister van gesond­heid, waarsku die ergste kom nog.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article