Warren Carolus het gisteroggend (24 Augustus) skielik in Wesfleur-hospitaal aan ’n hartaanval gesterf.Foto: Verskaf


Warren Carolus (48) het Maandagoggend 24 Augustus in die hospitaal aan vermoedelik ’n hartaanval gesterf.

Carolus was ten tye van sy dood die voorsitter van die Atlantis-gemeenskaps­polisiëringsforum en het diep spore in die gemeenskap getrap.

Carolus, ’n voormalige MK-soldaat, was ook die hoofveiligheidswag van die voormalige minister van veiligheid en sekuriteit, oorlede Steve Tshwete.

Carolus, die pa van drie en oupa van een, was ook tydens 2010 se sokker-wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika verantwoordelik vir die veiligheid van belangrike gaste by die Kaapstad-stadion.

Boodskappe van medelye het op sosiale media ingestroom. Carolus laat sy vrou Esmerelda en drie dogters en een kleinkind agter. Teen druktyd was die begrafnisreëlings nog onbekend.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article