’n Massa sterilisasie-projek is onlangs in Mamre van stapel gestuur.

Diereorganisasie Four Paws in samewerking met African Tails en die Hope Foundation for Cats, het Woensdag 15 Februarie by Tori Oso Geselshuisie vergader om die projek, wat as doel het om soveel as moont-lik honde in die winter te steriliseer, amptelik af te skop.

Volgens Janine Geldenhuys, woordvoerder vir Four Paws, is die doel van die projek om verantwoordelikheid te bevorder onder diere-eienaars.

“Ons visie is dat diere-eienaars gewilliglik hul honde sal laat steriliseer om sodoende ook rondloper-honde uit die gemeenskap weg te hou,” sê Geldenhuys.

Fiona Miles, direkteur van Four Paws, vertel dat hul navorsing getoon het dat daar ’n groot behoefte in die Mamre-omgewing is vir opvoeding in basiese dierewelsyn.

“Van die dienste wat ons gaan aanbied is die korrekte voeding, skuiling, water en mediese sorg en hoe om diere met respek te behandel.”

Die projek word uitgevoer deur passievolle vrywilligers. Tanya van Tonder, die projekleier, nooi graag alle skole en organisasies om Four Paws te kontak by 021 702 4277 vir opvoedkundige praatjies of inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article