Gaylin Loock en twee primêre skole, Grosvenor- en Mamre Primêr, het Saterdag (9 Maart) ’n skoolskoen-projek begin om behoeftige skoolkinders in die omgewing te help.
Die projek het op die Mamre Morawiese kerk se terrein met ’n “pretloop” begin. Voordat deelnemers toegelaat is om te kan loop, moes hulle eers registreer. Die registrasiefooi was ’n paar skoolskoene of R100.
Loock, ’n eiendomsagent in Atlantis, sê sy het die behoefte in die gemeenskappe – Atlantis en Mamre – raakgesien en besluit om “skenk ’n paar skoolskoene”-projek vir op die been te bring.
Die projek het verlede jaar by Grosvenor- en Mamre Primêr begin toe Loock met die samewerking van borg skoene aan die twee skole oorhandig het.
Vanjaar het sy erger besluit om nie borge te betrek nie, maar eerder die gemeenskap betrokke te maak om skoene te skenk of ’n geldelike bedrae te lewer.
Loock beoog om dit ’n jaarlikse instelling te maak sodat sy ook aan ander skole met die samewerking van die gemeenskappe kan skenk.
Die stappers wat deelgeneem het, is deur Grosvenor en Mamre se leerders by die waterpunte van water voorsien.
Loock glo om die gemeenskap betrokke te kry, sal dit nie net die gemeenskap trots maak nie, maar ook help om weer die waardestelsel van omgee in gemeenskappe terug te bring om sodoende ’n positiewe uitwerking op die samelewing te maak.
“Dit is ’n fantastiese vennootskap tussen Gaylin Loock (Remax Eiendomme) en die skole Grosvenor en Mamre, en is die rigting waarin die private en openbare sektor en lede van die gemeenskap saamwerk om hulpbronne vir die skole te bekom – in dié geval skoene vir skoolkinders,” het Trence Adams en Ruben Abels (die skoolhoofde) gesê. . Bel Loock by 060 853 2764 vir nog inligting oor die projek.



