Met die kouer weer wat stadig verdwyn en die langer sonskyndae, is dit onvermydelik om te voel die somer kom.
As ’n mens aan die somer dink, dink ons aan warm sonskyn, om tyd in die buitelug deur te bring en die beste deel van somer – ’n gesinsdag op die strand!
Niks kan egter ’n dag op die strand meer bederf as om vol afwagting op sonskyn en pret daar aan te kom, net om gekonfronteer te word met plastiek en ander rommel op die sand en in die water nie.
Verskeie strand-skoonmaakprojekte het oor die afgelope paar weke plaasgevind, maar werk moet steeds gedoen word om strande skoon te hou, want die voordele vir die omgewing kan aansienlik wees.
Deur rommel van strande, parke, riviere en stede op te tel en te herwin, kan Suid-Afrikaners help om die ekonomie ’n hupstoot te gee en terselfdertyd die omgewing te beskerm.
Strande moet om baie redes en op baie maniere skoon gehou word:Red seediere
Wanneer vullis op kuslyne uitspoel, is dit ’n geleentheid om dit te verwyder voordat die gety dit terugtrek. Die verwydering van rommel keer dat mariene lewe daarmee in aanraking kom.Hou giftige chemikalieë uit die water
Sigaretstompies is iets wat die meeste op aarde gestrooi word, en beland in die see. Sigaretstompies is klein, maar het ’n groot uitwerking op skoon water. ’n Stompie kan in net ’n uur byna 8 liter water met gevaarlike chemikalieë besoedel. As jy net 10 stompies optel, spaar jy dus byna 800 liter water.
Help die plaaslike ekonomie
Wanneer strande rommelvry is, is toeriste en besoekers meer geneig om dit te geniet en geld by ondernemings naby dié strande te bestee. Jou strand-skoonmaak sal die plaaslike ekonomie dus só help.
Skep ’n veiliger omgewing
Metaal met skerp kante en stukke glas kan ’n gesondheidsgevaar asook ’n estetiese ramp skep. Hierdie skerp rommel kan maklik in sand “wegkruip” en ernstige beserings veroorsaak.Gooi rommel op die regte manier weg
Een van die mooi dinge om self rommel-skoonmaak te doen, is dat jy die geleentheid kry om die afval wat jy optel, op die regte manier weg te gooi. Verskeie soorte rommel kan herwin of vir kompos gebruik word in plaas daarvan om op stortingsterreine te beland, waar dit nie behoorlik kan afbreek nie.Gemeenskap-skoonmaakprojekte
Skoonmaakprojekte is ’n manier vir inwoners om aan ’n gemeenskaplike doelwit te werk. Dit kan ook verdere veranderinge van sleutelbesluitnemers inspireer. Hierdie byeenkomste kan ook veranderinge binne plaaslike regerings en munisipaliteite bewerkstellig.
Gemeenskap-skoonmaakprojekte kan selfs munisipaliteite inspireer om meer herwinningsdromme te installeer en strenger wette vir onwettige storting op te stel. Hierdie plaaslike dade kan nasionale verandering inspireer.. Verwysings: www.blog.tentree.com, www.ecobox.co.za en www.plasticsinfo.co.za.Vind meer uit oor Atlantis Spesiale Ekonomiese Sone (ASEZ) se werk om ’n groener ekonomie te bevorder by die webwerf by www.atlantissez.co.za of stuur ’n e-pos-navraag na hello@atlantissez.co.za


