Die Atlantis- Thuthuzela-sorgsentrum en plaaslike nieregeringsorganisasies het Vrydag (8 Oktober) hul dienste na die gemeenskap geneem en pasiënte by die Wesfleur-hospitaal oor die dienste wat hulle lewer, ingelig.

Volgens Nathan Sass van die Atlantis- Thuthuzela-sorgsentrum, wat hulp aan verkragtingslagoffers verleen, weet inwoners en slagoffers nie van al die dienste wat beskikbaar is.

“Dit is belangrik dat mense moet weet waar hulle om hulp kan aanklop,” sê Sass. “Inwoners moet weet dat mishandeling en dwelmverslawing die gemeenskap verlam en daarom is dit belangrik dat mense moet weet daar is hulp. Ek doen ’n beroep op inwoners om sulke misdade aan te meld en uit te praat, want om stil te bly, gaan nie die probleem oplos nie.”

Kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, sê sy het lekkergoed aan kleintjies uitgedeel om te wys grootmense gee om. Munro het ook pasiënte en inwoners ingelig oor bendegeweld en pamflette met die woorde “Tik is nie vir my” uitgedeel.. Kontak die span by 021 010 0421 of besoek hulle by die Wesfleur-hospitaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article