Skool loop deur onder plunderaars

Brian Linders, opsigter by Grosvernor Primêr, wys hoe die nuwe wasbakke in stukkies lê. Foto: Murphy Roberts


Honderde duisende rande.

Dis hoeveel rande se skade plunderaars aan badkamers by Grosvenor Primêr aangerig het in inbrake op 4 en 5 Desember.

Die einste badkamers is – die eerste keer in die skool se 34-jarige bestaan – vyf weke gelede voltooi nadat dit opgeknap is teen ’n koste van R2,2 miljoen.

“Die nuwe toilette is nie net meer higiënies nie, maar het die leerders se moraal verbeter,” sê Terence Adams, skoolhoof.

Adams vertel, inbrekers het Sondag 4 Desember die badkamers se slotte oopgebreek en toegang gekry.

Hy vertel ook dat hy Maandagmiddag omtrent 17:00 nog by die skool was toe inbrekers weer terugkom om die vierde badkamer, wat hulle nie die vorige aand oop gekry het nie, ook te plunder.

“Dit is verkeerd om te dink die regering moet elke keer regmaak. Ouers en inwoners sal eienaarskap van die skool moet neem.”

Adams sê voorts hy vrees dat inbrekers die skoolvakansie weer gaan toeslaan.

Die skool het intussen wagte aangestel, maar Adams voel dié geld kon beter bestee word. Benewens die inbrake, het die skool ook reeds ses keer die heining rondom die skool vervang.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus – E-Edition 10 February 2026
    WeskusNuus – E-Edition 10 February 2026

Gift this article