Die Grosvenor WP-landloopkampioene Cearisha Erasmus (meisie

Grosvenor en Saxonsea Primêr het weer eens hul staal by die WP-landloopkampioenskap getoon toe hulle vier kampioene – Cearisha Erasmus (meisies; 9 jr.), Zara Kannemeyer (meisies; 10 jr.), Luke Brown (seuns; 10 jr.) en Jonathan Goliath (seuns; 13 jr van Saxonsea Ps.) opgelewer het.

Rinaldo Pearce en Johnwin Barnes, voormalige Grosvenor-atlete, het in 2019 goud en silwer by die SA landloopkampioenskap vir seuns o.13-gewen. Die twee studeer tans aan Saxonsea Sekondêr en hulle hoop hulle sal binnekort weer in landloopwedlope betrokke wees.

Volgens hul afrigter, Karen Brown, het Daniel Orange, sportkoördineerder van Grosvenor (voormalige Boland-hoogspringkampioen), hulle goed in hul voorbereidings ondersteun en gesê die nuwelinge het baie goed by die WP-2023-landloop-kampioenskap gevaar.

“Orange se positiewe motivering voor wedlope bring altyd die beste uit die atlete en ek dink hy kan trots voel op wat ons as jong span vermag het,” sê Brown. Sy het Barnes en Pearce in 2019 Potchefstroom toe geneem, waar hulle goud en silwer by die SA kampioenskap gewen het. “Hoewel ons as WP-span deur die Boland oorskadu is, het ons atlete van Atlantis goed gevaar onder die omstandighede en onder die eerste 10 in die pasafgelope Wes-Kaapse landloopkampioenskap in George, wat Saterdag 2 September plaasgevind het, geëindig. Ek dink hulle sal in die volgende byeenkoms beter vaar,” het Brown gesê.

Nog ’n skool, Saxonsea Primêr, het ook goed gevaar by die WP-kampioenskap en ook vier WP-atlete opgelewer. Jonathan Goliath het sy goue medalje in die 1 200m vir seuns onder 13 opgevolg as die WP-landloopkampioen vir seuns onder 13, met sy spanmaat Bradley Adams wat silwer verower het.

Hoewel Atlantis-skole nie enige Wes-Kaapse landloopkampioene en atlete vir 2023 opgelewer het nie, is Brown (van Grosvenor Primêr) as spanbestuurder vir die Wes-Kaapse span gekies, wat op 30 September aan die nasionale landloopkampioenskap in Potchesfstroom gaan deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article