Herwinning is ’n manier om afvalmateriaal in geld om te skep.

Dit verminder ook die behoefte aan rou materiaal vir die vervaardiging van nuwe produkte.

Om herwinde materiaal te gebruik, is meer kostedoeltreffend om nuwe goedere te vervaardig.

Afval en rommel van alledaagse huishoudelike en nywerheidsaktiwiteite word gevaarlik vir die omgewing wêreldwyd. In Afrika word die meeste afval in onbeheerde en swak bestuurde stortingsterreine gestort.

Om rommel in geld om te skep, sal nie net die omgewing beskerm nie, maar dit is ook ’n geleentheid om ekstra geld te maak.

Wonderlike inisiatiewe en groepe bestaan oral in die Wes-Kaap en kan help om geld uit afval te skep.

Hier is ’n paar selfdoen-idees oor hoe om jou rommel in geld te verander:1. Herwinning van skrootmetaal

Skrootmetaal kan herwin word en as materiaal vir die vervaardiging van nuwe items gebruik word sonder dat dit verweer. Nader ’n plaaslike skrootmetaal-handelaar om hierdie metaal te verkoop.2. Buitebandherwinning

Verf ’n gebruikte band in helder kleure en verkoop dit as ’n boomswaai. Verslete bande kan ook geverf word en as klimtoerusting vir opelug-gimnasiums gebruik word. Groente of kruie kan ook in ou bande geplant word.3. Plastiekherwinning

Koeldrankbottels, vullissakke, wegneemkoshouers en jogurthouers is van die algemeenste plastiek-vullis.

Plastiek-herwinning behels die omskakeling van plastiek-vullis na nuwe en nuttige plastiek-produkte.

’n Gevorderde herwinningsmetode behels die gebruik van chemikalieë om die plastiek af te breek. Die plastiek kan dan gebruik word om ru-olie, nylon en gas in energie om te skep. Beide tradisionele en gevorderde herwinnings-metodes is ’n goeie manier om geld uit plastiek-afval te verdien.4. Glasherwinning

Gebreekte glas kan herwin en gebruik word om nuttige glas-items soos breekware en vensterruite te maak, wat verkoop kan word. Glas kan oor en oor herwin word sonder om af te breek. Glas wat herwin kan word, sluit in bottels en flesse.

Gloeilampe, spieëls, drinkglase, bril-lense en vensters kan nie herwin word nie.5. Papierherwinning

Byna alle papier kan herwin word – alles van kantoorpapier, tydskrifte, karton, handleidings en boeke kan gebruik word om nuwe papier van te maak. Papier soos pizzabokse, papierhanddoeke, koffiebekers, sneesdoekies en bruin koeverte kan egter nie herwin word nie.6. Aluminiumherwinning

Aluminium is een van die maklikste materiale om te herwin. Tydens herwinning word aluminium-blikkies gewoonlik versnipper en enige gekleurde laag verwyder. Blikkies word dan gesmelt om gesmelte materiaal te vorm, wat gebruik kan word om nuwe blikkies te vorm.

Aluminium-foelie kan herwin word om gegote enjinkomponente te maak wat motors ligter en meer doeltreffend maak. Nader plaaslike motorvervaardigers om navraag te doen oor waar aluminium as blik verkoop kan word.

Kontak plaaslike organisasies soos Regenize (www.regenize.co.za) of Love Our City Klean (LOCK op Facebook) of Wasteplan (www.wasteplan.co.za) om meer uitvind oor die inruil van afval vir geld.

Verwysings: www.weforum.org, www.dw.com, www.mpactrecycling.co.za, www.regenize.co.za, www.wasteplan.co.za.

. Vir meer inligting oor wat die Atlantis Spesiale Ekonomiese-sone (ASEZ) doen om ’n groener ekonomie te bevorder: www.atlantissez.co.za of stuur e-pos na hello@atlantissez.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article