Deanwill Sauls (20) het elke weeksdag meer as 20 leerders gedurende sy naskoolse program wat die tieners van die straat af hou.Foto:


“Om skaatsplank te ry, is my lewe.”

Só sê die skaatsplankryer Deanwill Sauls (20) oor waarom hy daagliks 20 leerders by Reygersdal Primêr leer skaatsplank ry.

Sauls het aan Weskus Nuus vertel hy is vir die afgelope drie jaar die afrigter by die Indigo Youth Movement. Dié organisasie borg 20 skaatsplanke vir leerders en het ook in 2018 ’n skaatsplankpark by Reygersdal Primêr gebou. Verlede jaar is nog ’n park by Saxonsea Sekondêr opgerig.

Die naskoolse program vorm ook deel van die Stad Kaapstad se Game Changers-program.

“Tans is daar net nege skaatsplanke oor nadat meeste gebreek het en dis moeilik, want die leerders kan nie hulle volle potensiaal uitleef nie,” meen hy. “Ek het ook dringend ’n skaatsplank nodig omdat ek nie baie ondersteuning van die stigters ontvang nie,” bieg hy.

Sauls vertel met die tekort aan skaatsplanke is daar ook ’n groot behoefte aan veiligheidstoerusting. Hy wil ook graag die park groter maak met die hulp van borge.

Sauls vra dat enigiemand of organisasies wat hom graag wil help, hom by 076 043 6426 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article